Local newsSport

Leerder blink uit by Bokkie Week

Die jong rugyspeler is passievol oor sport.

Jaco Saunders, ‘n rugbyspeler aan die Gekombineerde Skool Balfour het die o14 Oos-Transvaalse Bokkie Span by die Bokkie Week verteenwoordig.

Ongeveer 2 600 spelers van regoor Suid-Afrika het aan die pas afgelope Bokkie Week, in verskeie sport dissiplines, deelgeneem.

Tydens die toernooi het Jaco teen Noord-Transvaal, Noord-Oos Vrystaat en Vrystaat gespeel.

Jaco se gekose posisie is heelagter.

Dit is die derde keer dat Jaco Oos-Transvaal kleure ontvang het. Die vorige kere was vir o13 rugby en o13 krieket in 2023.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button