Local news

Vossie netbal is tops

Seisoen word afgesluit met vyf spanne wat deur is na die D5.

Vossie-netbal is tops en het die seisoen op ‘n hoë noot afgesluit.

Die o10A-span is: (agter): Telisha Muller, Ané du Toit en Dahlia Dias. Voor: Mia Schutte, Casey Vosloo, Anéll Koekemoer en Chrizaan Else. Die afrigter van die span is Leanri van Jaarsveld.

“Die skool is uiters trots op en dankbaar vir elke dogter wat getrou geoefen het en hul harte uitgespeel het,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

Die o10B-span is: Abby Jacobs, Minenthle Tshabalala, Milyn Hurley, Luyanda Mathenjwa, Skyla Cotterell, Enika Olivier en Kaylee Naude. Afwesig: Mia Fraser. Die afrigter van die span is Eljanè Ras.

“Al die spanne het baie goed gedoen en Vossies se naam hoog gehou.”

Die o12B-span is: Mantosi Malekane, Naledi Rumo, Mieke van den Heever, Lana Smith, Alizah Viljoen en Mia le Roux
Afwesig: Rilana Lötter. Die afrigter van die span is Marika Meneghin.

Die seisoen is afgesluit met vyf spanne wat deur is na die D5-uitspeelwedstryde en die uitslae was soos volg: o10A (vierde), o10B (tweede), o12A (vierde), o12B (tweede), o13A (derde en liga wenners).

Die o13A-span is: Nadine Fourie (afrigter), Dominique Kriel, Alicia Appel, Abigail du Preez, Zanell Nel, Zuleika Muller, Lizè Lira, Zoey Galant en Velmè Venter (afrigter).

Related Articles

 
Back to top button