Local newsSport

Berge gee nie op nie

Heidelberg RK werk hard vir 'n oorwinning.

Heidelberg Rugbyklub het op 8 Junie teen VUT (Vaal Universiteit van Tegnologie) in die Valke se Merlin Liga te staan gekom. Die wedstryde was op die Hoër Volkskool se veld beslis.

Berge het van ‘n paar uitslae, wat nie in hul guns was nie, opgedaag met die oog om te verbeter en terug op die wenpad te kom.

Heidelberg se eerste span het inderdaad so gemaak en die wedstryd met 35-22 gewen.

Die wedstryd was vir die meeste van die tyd baie gelykop.

VUT was gevaarlik wanneer hulle die agterlyn laat hardloop het met die bal.

Heidelberg moes vir groot gedeeltes van die wedstryd verdedig, maar dit het hulle nie van stryk gebring nie en die voorspelers het die weg gebaan vir die oorwinning.

Vir Heidelberg se eerste seisoen in die sterker liga kan hulle tot dusvêr tevrede voel met hul vertoning.
Die liga is so te sê by die halfpad merk.

Die Merlin Liga is ‘n groot stap van die Kestrel Liga waar Heidelberg die afgelope paar seisoene gespeel het en tans die kampioene van is.

Die tweede span het egter teen VUT se tweede span vasgeval.

Die eindtelling was 15-14 in VUT se guns. Verskeie hanteerfoute en verkeerde besluite het die span duur te staan gekom.

Heidelberg het die aankomende naweek ‘n af naweek, voordat hulle op 22 Junie teen Kempton Park Wolwe in Heidelberg kragte meet.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button