Local news

Fotograwe laat beoordelaars kopkrap

Pragfotos ingeskryf Deur Heigel Fotoklub se top fotograwe.

Die Heigel Fotoklub se maandelikse vergadering het op 22 Mei plaas gevind.

Tydens die vergadering is die Mei maand se wen foto’s aangewys uit sowat 40 inskrywings wat die beoordelaars behoorlik laat kop krap het.

Die tema vir Mei was “Beweging in kleur” gewees.

Die beste junior foto: Dikkop Kuiken is deur Hennie Combrink vasgevang.

Die wenners is as volg:

Mei maand se tema: Ry dat die modder spat deur fotograaf Marissa Enslin.

Beste algehele foto: Dandelion deur fotograaf Ineke Kleingeld.

Beste junior foto: Dikkop Kuiken deur fotograaf Hennie Combrink.

Die beste algehele foto inskrywing is Dandelion deur Ineke Kleingeld.

Die temas vir die res van die jaar is as volg:

Junie – Sterrefotografie (kleur), Julie – Sterre volg (kleur), Augustus – Lo Key fotografie (Swart en Wit), September – Minimalisties (kleur), Oktober – Tafelblad fotografie (kleur) en November – Bokéh (kleur).

Persone wat meer inligting oor die klub wil bekom of belangstel daarin om aan te sluit kan vir Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.

Die klub se volgend byeenkoms is op 12 Junie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button