Local news
Vele hande maak ligte werk
Van aartappels uitdeel tot sypaadjie skoonmaak is waarmee die lede die afgelope tyd besig was.
Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak is hard aan die woeker vir Heidelberg en die gemeenskap.
Die afgelope week het die organisasie, met Patricia Meyer aan die spits, eers aartappels wat aan hulle geskenk was, aan lede van die gemeenskap, wat dit broodnodig gehad het, uitgedeel.
Helpende Hand het ook ‘n sypaadjie aangeneem as deel van Heidelberg Hope se ‘adopt a sidewalk-’ projek is.
Dié sypaadjie is op die R42 net voor Hoër Volkskool en die militêre basis.
Lede van die tak asook die voorsitter van die Nigel tak, Nico Janse van Vuuren, het onlangs fluks gewerskaf om die sypaadjie reg te ruk.
Persone wat meer oor die organisasie te wete wil kom of belangstel om daarby aan te sluit kan Patricia Meyer by 083 305 3577 kontak.
You can read the full story on our App. Download it here.