Local newsNewsSport

Rolbalspelers skud vere reg vir groot kragmetings

Die Ekurhuleni Rolbal viere vind die eerskomende naweek plaas

HEIDELBERG – Verskeie spelers van die Heidelberg Rolbalklub is gekies om die klub op provinsiale sowel as nasionale vlak te verteenwoordig.

Vier spelers naamlik Herman van der Merwe, Karl Strauss, Johann Strauss en Werner Schipper is gekies om aan die nasionale kampioenskappe deel te neem wat die naweeek van 4 Mei plaasvind.

Johan Strauss sal ook die Ekurhuleni rolbalspan verteenwoordig in Bloemfontein teen die land se top provinsiale spelers.

Twee spanne is ook gekies om aan die Ekurhuleni rolbalviere deel te neem.

Dié spane sal bestaan uit:

Span een: Gert Briel, Werner Schipper, Karl Strauss en Herman van der Merwe.

Span twee: Mike van Nierop, John Drysdale, Jaco van Niekerk en Piet van den Heever.

Die Ekurhuleni Rolbal viere vind die eerskomende naweek plaas.




LEES OOK: Volkskool neem deel aan Glenwood Rugby toernooi

LEES OOK: President Liga wag vir plaaslike rugbyspanne

Related Articles

Back to top button