Local newsSport

Berge staan hul man teen ERU

Voorbereiding is gedoen vir die verskeie ligas was begin.

Spelers van die Heidelberg Rugbyklub het op 23 Maart hul finale opwarmingwedstryde gespeel ter voorbereiding vir die President Liga wat op 6 April afskop.

Die President Liga gaan oor vier weke gespeel word, waarna die Merlin Liga in alle erns afskop.

Heidelberg het in die opwarmingwedstryde, wat op Die Volkskool se velde beslis is, teen East Rand United (ERU) gespeel.

Bongi Ntuli op die aanval.

ERU speel in ‘n liga bo Heidelberg en die wedstryde was ‘n goeie toets om te bepaal waar Heidelberg staan.

Heidelberg se eerste span het teen ERU se eerste span gelykop gespeel. Die telling was 12 elk.

Lynstaanspel tussen Heidelberg en ERU se eerste spanne was baie kompeterend.

Reg deur die wedstryd kon die twee spanne nie van mekaar onderskei word nie.

Daar kon geen punte in die eerste helfte aangeteken word nie. Die Berge se verdediging was deurgaans indrukwekkend.

Heidelberg en ERU in ‘n skrum, tydens die wedstryd

In die tweede helfte het ERU eerstes ‘n drie gaan druk wat vervyf was.

Heidelberg was die volgende om agter ERU se doellyn te gaan kuier.

Die drie se doelskop was suksesvol gewees.

Heidelberg op die eenval teen ERU.

ERU het daarna weer met ‘n drie gelaag maar die vervyfskop was mis.

Met nog 10 minute se speeltyd oor het Heidelberg hul tweede drie gaan druk. Die doelskop was nie suksesvol nie.
Daar is geen ander punte in die wedstryd daarna aangeteken nie.

Heidelberg se skrums en rolmaal bewegings was top klas gewees en daar is telkens meters met ERU se skrums geloop.

James Atterbury gaan oor vir een van sy twee drieë.

Heidelberg se tweede span het met ‘n telling van 45–17 die span van ERU oorrompel.

Heidelberg se lynstane het op alle silinders gevuur en het talle van ERU se lynstane gewen.

Altesaam 26 skrums en 17 lynstane was in die wedstryd toegeken.

Heidelberg se eerste span net voor die wedstryd.

Daar was ook 33 strafskoppe toegeken aan die spanne, waarvan 15 strafskoppe aan Heidelberg toegeken is.

Berge se tweede span het drie drieë in die eerste helfte gedruk en een vervyfskop oorgeskop voordat ERU punte kon aanteken.

Franco Strydom laat die verdedigers bontstaan.

Die halftyd telling was Heidelberg 17 – ERU 7

In die tweede helfte het Heidelberg vier verdere drieë gedruk wat al vier suksesvol vervyf was terwyl ERU twee drieë gedruk met een geslaagde vervyfskop.

Dillan Coetzee skop pale toe.

Daar was 17 skrums en 13 lynstane in die wedstryd terwyl 26 strafskoppe aan die spanne toegestaan was.
Heidelberg se volgende wedstryd is op 6 April in die President Liga wat ‘n wegwedstryd sal wees.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button