Local newsSport

Herfs Besigheidsliga kampioene gekroon

Taai laaste rondte met senuwees van staal.

Die Herfs Rolbal Besigheidsliga het ‘n nuwe kampioen.

JR Lubricants het op 19 Maart die titel as besigheidsliga kampioen oorgeneem, na sterk opposisie wat die span deurgaans in die gesig gestaar het.

Die liga is die afgelope drie weke op die rolbalbane van die Heidelberg Rolbalklub beslis.

Francois van Niekerk in aksie.

Dit is ‘n gereelde instelling wat normaalweg oor vier weke beslis word en groot belangstelling lok.

As gevolg van die komende vakansiedae, is die huidige liga net oor drie weke gespeel.

Voor die laaste rondte was vier spanne kop aan kop en was dit moeilik om ‘n wenner te voorspel.

Die vier top spanne was JR Lubricants, NTT VW, Heidelberg AutoCity en Auto-Ren.

Allan Nienaber wys sy span waar hy die bal wil hê.

In die laaste rondte het JR Lubricants en NTT VW hulle behoorlik laat geld en hul onderskei van die ander spanne.
Tog was dit JR Lubricants wat koning gekraai het na ‘n terugtel (count back) nadat beide spanne met 13 klaargemaak het.

Die speler wat die raakbeker (touchers) gewen het was Rikus Prinsloo van Auto-Ren met nege ‘touchers’ en die geesbeker het aan Just Property gegaan.

Herman van der Merwe en Rikus Prinsloo wat die raakbeker wenner was.

Die volgende besigheidsliga gaan in Oktober by Heidelberg Rolbalklub aangebied word.

Om plek te bespreek vir dié geleentheid kontak Herman van der Merwe by 082 457 4525 of per e-pos by herman@grokon.biz

Die geesbeker het aan Just Properties se Peter Weerheim, Helen Kearney en Miekie Weerheim gegaan. Herman van der Merwe het die trofee aan hulle oorhandig.

Related Articles

Back to top button