Local newsSport

Volkskool val vas teen Middelburg

Die Hoër Volkskool se krieketseisoen is in volle gang.

Die Hoër Volkskool eerste krieketspan het op 10 Februarie teen Middelburg Hoërskool te staan gekom.

Middelburg se eerste span het Volkskool laat les opsê, en as oorwinnaars van die veld afgestap.

Volskool se beste spelers op die dag was kolwer Matthew Wentzel met 43 lopies en boulers Gerrit Henken twee paaltjies vir nege lopies (agt boulbeurte ) en Vaughn Steinvaart met vyf paaltjies vir 45 lopies (nege beurte).

Vaughn Steinvaart het vyf paaltjies laat kantel.
Matthew Wentzel laat waai met die kolf.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button