Local news

Toneesltuk is gul ontvang deur die inwoners van die Suikerbos-Oord

Die Boervrou en haar volk op die planke.

Die bekende persoonlikheid en styl ikoon, Sandra Taljaard het op 9 Februarie die inwoners van die Suikerbos-Oord in vervoering gehad met ‘n solo vertoning waartydens daarna op die boervrou gefokus is.

Die vertoning is in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak aangebied.

Suikerbos-Oord se maatskaplike werker, Marlene Walkden het eers almal verwelkom voordat Helpende Hand se tak-voorsitter, Patricia Meyer die bedankings gedoen en Taljaard aan die gehoor bekend gestel het.

Tydens die vertoning is die boervrou in die geskiedenis van Suid-Afrika uitgebeeld.

Van 1652 met die aankoms van Jan van Riebeeck en sy vrou Maria tot die Groot Trek, die Slag van Bloedrivier, die Anglo Boere Oorlog, die Groot Depressie, tot en met die hede.

Die toneelstuk fokus op hoe sterk die vrou in Suid-Afrikaanse geskiedenis staan, en wat vroue alles moes deurmaak om te verseker dat die manskappe asook die kinders en nageslagte kon voortgaan.

“Die geskiedenis is die gebeure in die verlede wat vir toekomstige jeug behoue moet bly om te verseker dat hul bewus is van die opofferings wat vir hul gemaak is,” het Taljaard gesê.

“Daar is ‘n gesegde wat tot vandag gebruik word: ‘n Boer maak ‘n plan, maar ‘n boervrou maak twee,” het sy mee afgesluit.

Sandra Taljaard het die Boervrou en haar volk aangebied.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button