Local news

Watergebrek lei tot groot frustrasie in Rensburg

Kane loop weer droog in Rensburg.

Die inwoners van Rensburg sit weer met hul hande in die hare oor die gebrek aan watertoevoer na die gebied.

Sedert die middel van Januarie het die watergogga weer kop uitgesteek waar sekere areas in Rensburg minder water beskikbaar het of waar die waterdruk baie laag is.

Die toestand het sedert verlede week vererger en die afgelope naweek (3 en 4 Februarie) was die krane heeltemal opgedroog.

Dit blyk dat oproepe na die inbelsentrum van Lesedi Plaaslike Munisipaliteit nutteloos is en tot groot frustrasie van die inwoners lei.

Die bestuurder van LPM se water-, sanitasie- en riool afdeling, Star Moholobela, is ook gekontak maar tot op hede kon geen kommentaar verkry word nie.

Daar was gedurende die naweek by tye minimale water in die krane, wat baie vinnig opgedroog het sodra inwoners dit gebruik het.

Die opgaartenks moet ten minste 40% vol wees alvorens die pomp korrek kan werk om water na die verskillende huishoudings te kan pomp.

Verskeie inwoners het te kenne gegee dat hulle keelvol is vir die situasie.

Related Articles

Back to top button