Local news

Eenheid Suikerbos sluit die jaar af

Van klein begin het SAWV, Eenheid Suikerbos hul stempel afgedruk.

Die jaar stap einde se kant toe en die Suid Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) Eenheid Suikerbos het hul jaareind funksie op 7 Desember gehou.

Tydens die funksie het SAWV Eenheid Suikerbos voorsitter, Frik van Niekerk die verwelkoming gedoen.

“Ek bedank elke lid vir die jaar se harde werk en die opofferings wat deur die jaar gemaak was,” het van Niekerk tydens sy toespraak gesê.

“Ons het dié jaar voor begin en hergegroepeer as ‘n eenheid.

SAWV Eenheid Suikerbos voorsitter, Frik van Niekerk.

“Die pad was nie malkik gewees nie en daar war heelwat struikelblokke wat ons moes oorkom maar met samewerking van ons lede, gemeenskap en besighede het ons die jaar suksesvol afgesluit.

“Ons is trots op die trofee wat ons gewen het as beste eenheid in die Sektor 1.4 Wilger Streek en ons is nie van plan om die trofee maklik prys te gee nie en wil volgende jaar voortbou op vanjaar se jaar se suksesse.

“Hiermee wens ek elke persoon ‘n Geseende Kersfees en voorspoedige Nuwe jaar toe,” het van Niekerk ter afsluiting gesê. Mag die vrede van Kersfees regdeur die jaar in julle lewens gesien word.”

As enige persoon skenkings wil maak of deel van SAWV Eenheid Suikerbos wil word kontak Van Niekerk by 079 220 5555.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button