Local newsSport

Dansers skitter by jaareindkonsert

'n Groot groep dansers het aan Rene's Art of Dance dansskool jaareinde konsert deelgeneem.

Sowat 180 dansers van die Rene’s Art of Dance skool het op 18 November aan die dansskool se jaareindkonsert deelgeneem.

Die konsert, O Liewe Jinne, was by die Endeo Family Church in Benoni gehou.

Imé Bronkhorst (voor) saam met Anei Brandt, Dané Thomas (agter) en Angelica Vorster op die verhoog.

“Dit was ‘n groot sukses,” het afrigter René McGeer gesê.

“Gedurende die middag was daar ‘n kleuterkonsert, waarna die Graad Een en ouer dansers hul beurt op die verhoog gehad het.

Mia Rothmann (links) saam met Nicke Droskie, Imé Bronkhorst en Anei Brandt.

“Dit was ook by dié konsert waar klein Dirco Jansen van Niewenhuizen (Klein Kwagga) gedurende pouse saam met ander kinders in die gehoor op Lyfie van Bernice West gedans het.

“Die dansers het almal so mooi gelyk en die ouers het die konsert baie geniet,” het McGeer gesê.

Tikita Pretorius (voor) saam met Anzel Vorster Ferreira en Maya Meyer.
Dansers Marzé Coetser, Simoné Coetzee, Simoné Fourie, Vicky Badenhorst en René Vogel.

Related Articles

Back to top button