Local news

Heigel Fotoklub wys hulle Oktober wenfotos aan

Heigel fotograwe stel nie teleur nie.

Lede van die Heigel Fotoklub het hulle maandelikse vergadering op 15 November in Nigel gehou waartydens die wenners vir die Oktobermaand kompetisie ook aangewys is.

“Die jaar is vinnig besig om ten einde te loop en ons is dankbaar vir elke fotograaf wat deel van die klub is wat ons nie teleurstel met die gehalte van die foto’s nie,” het die voorsitter van die klub, Francois van Jaarsveld gesê.

Oktober se voorgeskrewe onderwerp was Lelies.

Die senior wenfoto vir Oktober is Bloom like a flower unfold your own beauty deur Marissa Enslin

Die wenfoto was Arum Lillys deur Annatjie Smith geneem.

Die algehele wenfoto, soos deur die beoordelaars aangewys, is Rooiborssuikervoël deur fotograaf Hennie Combrinck en die senior foto wenner was Bloom like a flower, unfold your own beauty deur fotograaf Marissa Enslin.

Die tema wenfoto vir Oktober is Arum Lillys deur Annatjie Smith.

Die laaste tema vir die jaar is Sonsondergang/Opkoms (kleur).

Persone wat meer te wete wil kom oor die klub kan vir Van Jaarsveld kontak by 083 659 9657.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button