Schools

Vossie ruiters sit trots in die saal

Die leerders het hul skool se naam hoog gehou in hul verskeie kategorieë.

Vier ruiters van Hoërskool John Vorster het onlangs verskeie toekennings tydens die SANESA Ekurhuleni-toekenningsgeleentheid ontvang.

Talitha Schoeman, Rael du Plessis, Nielette Jansen van Vuuren en Tenike Lira het die volgende prestasies verower:

Lira het ‘n sertifikaat van uitnemendheid vir skouspring ontvang en was ook aangewys as die Victor Ludorum vir skouspring.

Jansen van Vuuren het ‘n sertifikaat van uitnemendheid ontvang vir die ‘handy hunter’ afdeling.

Schoeman het ‘n sertifikaat van uitnemendheid gekry vir berede boogskiet.

Du Plessis het ‘n sertifikaat van uitnemendheid ontvang vir skouspring, ‘n sertifikaat van meriete vir eventing en ‘n sertifikaat van meriete vir western mounted games.

Hierdie leerders, saam met Semei Joubert het ‘n algehele tweede plek in Kategorie-H vir Gauteng, Ekurhuleni, ontvang.

Related Articles

Back to top button