Local news

Nigel SAVF hou jaarvergadering

Die takbestuur meen die tak finansies was die afgelope jaar finansieël goed, maar hulle het meer hande nodig.

Lede van die SAVF Nigel-tak het op 9 Oktober hul algemene jaarvergadering gehou, waartydens die bestuur vir volgende jaar gekies is.

“Vanjaar het ons baie goeie dinge gesien, maar ook baie minder as wat ons gewoonlik beleef,” het Chris Engelbrecht tydens die opening gesê.

“Ons is dankbaar vir die nuwe lede wat belangstelling toon om by die tak aan te sluit en ons hoop dat nog meer weldoeners sal aansluit.”

Engelbrecht meen dat die tak finansieel goed vaar maar dat hulle meer hande benodig om te help in die projekte wat hulle aanpak en om dit suksesvol te kan handhaaf.

“Dit laat ‘n mens goed voel om in ander se lewens ‘n verskil te maak,” sê Engelbrecht.

“Deur die werk wat ons doen, leef ons ook ons geloof uit. Deur die bietjie wat ons het vir Hom te gee sal Hy dit verdubbel.”

Tydens die vergadering het Engelbrecht die jaarverslag behartig en ook terugvoering gegee oor die tak se maandelikse kospakkie projek.

Hierdie projek sorg vir sowat 25 minderbevoorregte gesinne met broodnodige kruideniersware.

“Ons is dankbaar dat ons nog elke maand daarin kan slaag om die projek voort te sit. Natuurlik ook vir ons skenkers wat dit vir ons moontlik maak,” sê Engelbrecht.

Via Coetsee het terugvoer gegee oor die oudit verslag.

“Ten opsigte van die bank het ons geen tekortkominge gehad nie waarvoor ons dankbaar is,” sê sy.

“Sonder die skenkers en diegene wat agter die skerms besig is om te help, of met skenkings of finansiële bystand, sal ons nie kan aangaan nie,” het Engelbrecht verder gesê.

Meisie Marais van die tak het vir die verskeie persone en besighede wat die tak getrou ondersteun in hul afwesigheid bedank.

Engelbrecht sal die verskeie ondersteunings sertifikate by die verskeie partye afgee.

Louisa Nomatye-Kasinda, van die SAVF Sedibeng streek het die verkiesing van die nuwe bestuur behartig.

Die nuwe bestuur is Chris Engelbrecht (voorsitter), Rose Pienaar (vise-voorsitter), Debra Hartley (sekretaresse), Via Coetsee (tesourier), met Gerda Gouws, Meisie Marais en Marlouise Engelbrecht as vrywilligers.

Persone wat meer inligting wil bekom oor die SAVF Nigel-tak kan Engelbrecht by 082 561 9081 skakel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button