Local news
Vissie leerders bied ‘n puik revue aan
Laerskool AG Visser se leerders het die gehoor aanhul voete gehad.
Die Laerskool AG Visser het onlangs hulle Vissie Teater Revue by die skool aangebied.
“Die deelnemers het hard gewerk om die skouspel op die planke te bring,” het AG Visser se skoolhoof, Selma Marx gesê.
“Ek is werklik trots om die talent, wat daar in die skool is, te beleef. Met soveel talent sien ek ‘n rooskleurige toekoms vir die leerders, onderwysers en die skool self,” het sy bygevoeg.
Leerders van al die grade het aan die revue deelgeneem en die gehoor was in vervoering met die optredes en musiekstukke wat opgevoer was.