Local news
Besoekers kom van heinde en ver vir die ‘Great Train Race’
Die 'Great Train Race' het op 29 September plaasgevind.
Die ‘Great Train Race’, wat ‘n jaarlikse instelling is en honderde mense na die dorp lok, het Saterdag weer eens nie teleurgestel nie.
Die Rovos Rail luukse trein, Tiffany, het sowat 09:00 by die Heidelberg Stasie ingetrek waar ‘n magdom veteraan motors en motorfietse die trein welkom geheet het.
Toeskouers van naby en ver het by die stasie die trein ingewag om foto’s van die unieke trein, motors en ander besienswaardighede te neem.
Na die verrigtinge by die stasie kon besoekers hul pad na die Heidelberg vliegveld maak om meer van die dag se verrigtinge daar te geniet.