Local news

Laer Volkskool leerders bring hul kant

Die Volkie leerders het op verskeie vlakke presteer.

Leerders van die Laer Volkskool het die afgelope tyd met welslae aan verskeie aktiwiteite deelgeneem.

Eisteddfod:

Jean-Pierre Uys was die algehele wenner in die kunsafdeling van die Alberton Eisteddfod.

Skaak:

Altesaam 11 Volkie skaakspelers is gekies vir die Sedibeng skaakspan.

Die skaakspelers sal op 13 en 14 Januarie 2024 aan die Gauteng Interstreek Skaak Kampioenskappe by die Tukkies Sport Sentrum in Pretoria deelneem.

Die skaakspelers is Umar Karim, Mikayla Buchebner, Hanko Radyn, Liam Bezuidenhout, Eckhard de Rouwe, Lodiaan Gouws, Kian Vorster, Amoné Roos, Ben Loggenberg, Willem Schoombie en Adrumé Pretorius.

Wiskunde Olimpiade:

Stephan Botha (Graad Vyf) en Ludwig du Plessis (Graad Vier) het aan die Gauteng Wiskunde Olimpiade deelgeneem. Beide leerders het ‘n sewende plek in hulle graad verower.

Hokkie:

Volkies se o11 hokkiespan het vanjaar puik gespeel en is as naaswenners van hulle liga aangewys.

Jean-Pierre Uys was die algehele wenner vir kuns by die Alberton Eisteddfod.
Ludwig du Plessis (Graad Vier) en Stephan Botha (Graad Vyf) het uitgeblink by die Gauteng Wiskunde Olimpiade.
Laer Volkskool se skaakspelers.

Related Articles

Back to top button