Local newsSport

Hengelklub geniet maandelikse kompetisie

Die klub se lede het hulself tydens die onlangse maandelikse kompetisie langs die Vaaldam geniet.

Lede van die Balfour Hengelklub het op 2 September die klub se maandelikse kompetie by Draaifontein langs die Vaaldam geniet.

Sowat 22 lede het die dag aan die kompetisie deelgeneem het het ‘n totaal van 108 visse (60.231kg) uit die water katrol.

Die wenners van die dag was soos volg (plekke word van eerste tot derde aangewys):

Koos Erasmus met sy graskarp van 4.423kg.

Senior mans:

• Lukas Stoltz het 18 vis uit die water katrol met ‘n totale gewig van 10.771kg

• Luan Muller het 13 vis (7.580kg) die dag gevang.

• Theunis Botha het sewe vis (10.225kg) uit die water katrol.

Vroue wenners:

• Darrell Roos het sewe vis met ‘n totale gewig van 2.505kg uit die water katrol.

• Sonja Brits het vyf visse (1.172kg) die dag gevang.

• Ingrid Kriel het vier visse (1.192kg) die dag uit die water katrol.

Junior wenners:

• Anthony Muller het twee visse (0.822) die dag gevang.

• Kallie Kriel het een vis met ‘n gewig van 0.486kg uit die water katrol.

• Jayden Nolte het een vis met ‘n gewig van 0.269kg die dag gevang.

Die volgende lede het ook die swaarste visse van die dag gevang:

Stoltz het die swaarste karp (2.040kg) gevang.

Botha het die swaarste graskarp (6.089kg) uit die water katrol.

Jaco Nel het die swaarste baber (0.726kg) van die dag gevang.

Heine Terblanche het die swaarste geelvis (0.355kg) gevang.

Theunis Botha met sy graskarp van 6.089kg.

Die klub se volgende vergadering sal op 7 en 8 Oktober by Miemiesdal langs die Vaaldam plaasvind.

Vir meer inligting, kontak Stoltz by 084 757 6058 of vir Bennie Kriel by 079 888 6052.

Related Articles

Back to top button