Local news

Volkskool leerders presteer ook buite die klaskamer

Leerders van die skool het hulself goed van hul taak gekwyt.

Verskeie leerders van die Hoër Volkskool het die afgelope tyd op verskillende gebiede uitgeblink.

Simone Dietrechsen en Alisha Miller van der Walt het onlangs aan die Show your Talent kompetisie in Vanderbijlpark deelgeneem.

Simone het ‘n goue medalje verower vir sang en Alisha het een goud en drie silwer medaljes verower.

Alisha Miller van der Walt is ook uitgenooi om Suid-Afrika volgende jaar in die VSA te gaan verteenwoordig.
Op die krieketveld is Francois Smit vir die Sedibeng o14-krieketspan gekies.

Francois Smit is gekies tot die Sedibeng o14 kriekespan.

In die swembad het Simone Moll tydens die Commonwealth Jeug Spele ‘n tweede plek en silwer medalje in die 50m borsslag verower.

Simone Moll met die silwer medalje wat sy verower het.

Related Articles

Back to top button