Talle spelers van verskeie klubs van regoor Gauteng en selfs die Vrystaat het op 5 Augustus aan Heidelberg Rolbalklub se jaarlikse opedag deelgeneem.
Spelers het mekaar die stryd aangesê in drie rondtes waarin 12 koppe elk gespeel is.
John Drysdale van die Heidelberg Rolbalklub het ook teen die einde van die dag die finaal van die provinsiale EKB veterane enkelspel met 21-19 gewen.
Die wenspan het bestaan uit Pieré de Bruyn, Estelle Oosthuyse, Alta van Zyl en Lettie Burgers.
Die tweedeplek het gegaan aan Pieter Pieterse, Marietjie de Beer, Elmarie Eygelaar en Johan Eygelaar.
Die derdeplek wenners was Pieter Kotze, Jeff Korte, Super Mohapeloa en Lettie Engelbrecht van die Deneysville Rolbalklub.