Local news

Volkie ruiters sit trots in die saal

Die trio het by verskeie byeenkomste uitgeblink.

Hoër Volkskool het drie perde ruiters wat onlangs op verskeie vlakke uitstekend gevaar het.

Die drie ruiters, Lalie van der Merwe, Lenya Price en Adrienne MacDonald-Hutchenson het gewys dat hul in ‘n klas van hul eie is.

Die trio was deel van die Gauteng Ruiterspan wat ‘n tweedeplek by die SA Jeugkampioenskappe behaal het.
Lalie van der Merwe het die victor ludorum vir Prelim Dressage ontvang.

Van der Merwe het tydens die skoolvakansie aan die SA Jeugkampioenskappe deelgeneem waar sy ‘n eerste plek in Freestyle Dresseer asook twee tweede plekke vir Voorlopige (Prelim) Dresseer items verower het.

Lenya Price het ook aan die SA Jeugkampioenskappe deelgeneem met die volgende prestasies:

Dresseer Musikale ope item: eersteplek, Dresseer Elementêre kwalifiseerder een: (Elementêr Vyf) derde plek, Dresseer Elementêre Kwalifiseerder twee: (Elementêr Ses) derde plek, Dresseer Elementêr Kampioenskap Titel: derde plek.

Adrienne MacDonald-Hutchenson het aan die Dresseer SA Uitdaging deelgeneem.

Adrienne MacDonald-Hutchenson.

Sy het ‘n eerste plek vir Junior Elementêr behaal. Sy was ook as 2023 Elementêr victor ludorum aangewys.

Sy het ook aan die Dressage SA Challenge deelgeneem en ‘n eerste plek vir Junior Elementêr behaal.

Sy is ook aangewys as die 2023 Elementêr victor ludorum.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button