Local news

Koue stuit vroue nie om gesellig te vergader nie

Die lede het die koue oggend getrotseer en saam geniet.

Lede van die Rensburg VLU het op 11 Julie hul maandelikse vergadering geniet.

“Ons is dankbaar vir elke lid wat vanoggend die koue getrotseer het om na die vergadering te kom,” het die voorsitter Marty Jerling die vroue welkom geheet.

Anet Hammond en Penny Bamine het inligting gedeel met lede en besoekers oor ‘n winterskool klas wat hulle saam met ander lede meegemaak het.

Rdl Yvonne van Coller en Marty Jerling tydens die vergadering.

Tydens die vergadering het die DA raadslid vir Wyk 8 rdl, Yvonne van Coller ook meer oor haar rol vertel.

Van Coller het verduidelik waar die wyke van die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit is en ook wat die verantwoordelikhede van ‘n raadslid is.

Die tak se volgende vergadering sal op 8 Augustus gehou word met die tema, ‘Internasionaal’.

Vir meer inligting oor die tak of om aan te sluit, kontak Jerling by 082 465 9343.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button