Local news

Oud-Volkie skilder die wêreld aan die brand

Die olieverf skilder werkswinkel is in Jordaan Park aangebied.

Die wêreldbekende skilder, Lute Vink het verlede week besoek aan Heidelberg gebring.

Lute en kunstenaar Liezel Sadler het oor vier dae in Jordaan Park ‘n beginner werkswinkel in olieverf aangebied.

“Lute het almal touwys gemaak in die fynere kuns van olieverf, onder andere oor hoe om kleure te meng, te skilder wat jy wil uitbeeld en hoe om die beste uit elke kwas beweging uit te kry.

Lute Vink besig om te skilder.

“Die tegniek wat aan die toekomstige skilders geleer was, was negatiewe spasies,” sê Sadler.

Lute Vink is in 1961 in Den Helder in Nederland gebore. Hy het saam met sy ouers na Suid-Afrika verhuis toe hy twee jaar oud was. Vink was in die Hoër Volkskool van Standerd Sewe (Graad Nege) tot matriek.

Volgens Vink het hy, sovêr as wat hy onthou, altyd geteken en die skilderwerk het daarna gekom.

Pieter Harmse se skilderkuns.

Lute het in 1998 ‘n voltydse skilder geword nadat hy gesien het hoeveel mense belang gestel het om wildlewe skilderye te koop.

Lute geniet meestal om wildlewe te skilder. Sy skilderye hang aan die mure van vele bekendes van regoor die wêreld.

Pieter Harmse neem ‘n blaaskans tydens die werkswinkel.

“Ek wil onthou word as ‘n kunstenaar wat die aarde se prag kan uitbeeld sodat dit deur ander geniet kan word. Ek probeer altyd dat my skilderye ‘n storie vertel.

“Ek glo elkeen kan leer hoe om te teken of skilder maar dit verg inspanning en konsentrasie om die kuns te volmaak en die korrekte storie te vertel,” het Lute mee afgesluit.

Liezel Sadler bied beginner kunsklasse aan. Sy kan per WhatsApp by 072 622 6868 gekontak word.

Lute Vink gee Liezel Sadler raad tydens die werkswinkel.

Related Articles

Back to top button