Local newsSport

Rolbalspelers geniet gesellige middag

Die dag by die Nigel Rolbalklub het gesellig verloop.

Lede van die Nigel Rolbalklub het op 24 Junie hulself met gesellige vriendskaplike rondtes rolbal geniet.

Die lede het in pare van drie gespeel.

Die oudste aktiewe lid van die klub Tom Roach (89) was ook deel van die spanne.

“Ons geniet dit om gesellig teen mekaar te speel,” het Johann Eckermann van die klub gesê.

“Dit is lekker om so te ontspan en mekaar se geselskap te geniet.”

Piet Smit in aksie op die baan.
Johan Eckermann maak reg om die bal te rol.
Tom Roach (89) is die klub se oudste aktiewe lid en speel gereeld.
Pieter Pieterse en Piet Smit het die dag se spel geniet.

Related Articles

Back to top button