Sport

Nigel terug op wenpad

Nigel oorrompl Kempton Wolwe

Die Nigel Rugbyklub het op 24 Junie teen die Kempton Wolwe op die John Vorster stadion in Nigel in die Merlin Liga kragte gemeet.

Nigel se eerste span het die wedstryd op ‘n drafstap met 36-0 gewen.

Nigel het ses drieë gedruk, vier in die eerste helfte en twee in die tweede helfte, waarvan vier drieë verdoel was.
Die enigste punte vir Kempton was ‘n strafskop voor die pale wat hulle verbrou het.

Nigel op die aanval teen Kempton Wolwe.

In dié wedstryd was daar 24 skrums gewees waarvan Nigel 11 keer by die skrum ingegooi het.

Nigel se skrum was te sterk vir Kempton gewees en het net drie skrums verloor.

In die lynstaanafdeling was daar 27 lynstane gewees waarvan Nigel 14 ingegooi het. Nigel het drie lynstane verloor en Kempton vyf.

In die losgemaal en dryf bewegings het Nigel 22 en Kempton 38 set areas geniet. Nigel het 10 skoppe van die hand uitgevoer en Kempton nege.

Nigel en Kempton sak in die skrum.

In die strafskopafdeling het Nigel 17 strafskoppe afgestaan en Kempton agt. Dit is te verstane met die hoeveelheid balbesit wat Nigel geniet het.

Nigel se eerste span punte is so aangeteken:

Drieë: Freedom Ngubeni, Martin du Plessis, PJ de Beer (2) en Graig Pienaar (2). Junaide Seedat het drie drieë verdoel.

Spelers van die wedstryd: Adriaan van Taak en PJ de Beer.

Nigel se eerste span.

Daar wat ook een geelkaart in die wedstryd aan Nigel uitgegee.

Nigel se tweede span het ook net een pad doellyn toe geken en het Kempton Wolwe se tweede span met 48-0 oorrompel.

Die wedstryd was vroeg gestop omdat Kempton nie genoeg plaasvervangers gehad het om ‘n vol span op die veld te hou nie.

Losskakel Junaide Seedat lê aan pale toe.

Nigel se tweede span punte is as so aangeteken:

Drieë: Julian Myburgh, Hansie Rudolph, Simphiwe Jange, Nicolas Glad, Dean, Trytsman, Louis Barnard en Ettiene Booyens (2). Suksesvolle doelskpppe: Simphiwe Jange het vier drieë verdoel.

Nigel en Kempton se tweede spanne rank hoog in die lynstaan.

Die speler van die wedstryd was Dean Trytsman.

Nigel se volgende wedstryd is teen Elsburg op Elsburg se veld.

Nigel en Kempton gee dank gebed na die wedstryd.
Nigel op die aanval teen Kempton Wolwe.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button