Local newsNews

Wag geskiet tydens rooftog

Die Sasol Garage is in die vroeë oggendure beroof.

‘n Sekuriteitswag is tydens ‘n rooftog in die vroeë oggendure van 26 Junie by die Sasol Garage in Springsstraat in Nigel doodgeskiet.

Volgens inligting is die vulstasie tussen 00:30 en 01:00 beroof, waartydens die sekuriteitswag geskiet is.
Dit kan tans nie bevestig word of die rowers met enige buit weggekom het nie.

Enige iemand met inligting word versoek om die SAPD te kontak.

Related Articles

Back to top button