Local news

AG Visser ontvang skenking

Sowat 200 bottels met sopmengsel is ingesamel.

Die Suikerbos-oord en die Riversands Aftree-oord tesame met gemeenskapslede het onlangs saamgespan en ‘n skenking aan die Laerskool AG Visser gemaak.

Die verskillende rolspelers het 200 bottels sopmengsels asook ‘n krat vol noedels en ander voedselsoorte ingesamel en aan Laerskool AG Visser oorhandig.

“Ons weet hoe koud die winter kan wees en ons wou graag ook uitreik na dié wat dit dalk nodig mag hê,” het Marlene Walkden, maatskaplike werker van die Suikerbos-oord gesê.

“Ons gee die bestanddele uit die diepte van ons hart en hoop dit sal gedurende die skoolvakansie gebruik kan word.”

Christa Glad van Laerskool AG Visser het die skenking in ontvangs geneem.

“Met die skenking laat julle ons harte warm klop. Ons dank elkeen van julle,” het Glad gesê.

Related Articles

Back to top button