Local newsSport

Deelname in Abu Dhabi wag vir Carstens

Plaaslike MMA vegter wil die wêreld se beste aanpak.

Arno Carstens van Ability Academy in Heidelberg is die Suid-Afrikaanse kampioen in MMA, o18 afdeling C -48kg.

Arno is ook gekies om Suid-Afrika by die IMMAF Wêreld Kampioenskappe, vanaf 2 tot 5 Augustus, te verteenwoordig.

Daar gaan altesaam 30 lande wees wat aan die kampioenskappe in Abu Dhabi gaan deelneem.

“Arno oefen ontsettend hard en daar is groot verwagting dat hy goed sal vaar,” het Arno se ma Nicholene gesê.

“Arno is opgewonde om teen die wêreld se beste MMA deelnemers te staan te kom.”

Carstens wil met sy deelname poog om sy plek op die ranglys te verbeter.

Hy was in 2022 agtste op die wêreld ranglys na die kampioenskappe geplaas.

Carstens se afrigter is Stefan Pretorius.

Related Articles

Back to top button