Local news

Skenking van aartappels help behoeftiges

Die lede van die Nigel SAWV beoog om die skenking in die area te versprei.

Die Nigel Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) se Eenheid Vlakvark het onlangs ‘n groot skenking aartappels ontvang.

“Sowat 50 ton aartappels in onlangs aan die vereniging se Eenheid Magalies deur weldoeners geskenk,” het Karel Groesbeek, voorsitter van die Nigel SAWV gesê.

“Eenheid Vlakvark het van die skenking sowat 1.2 ton ontvang wat ons onder die behoeftiges in ons gebied gaan versprei.”

Volgens Groesbeek het die skenking van verskeie boere in die Noord-Kaap gekom.

Die enigste voorwaarde was dat dit nie verkoop mag word nie.

“Ons is dankbaar aan Eenheid Magalies, vir Gerry Hansen en sy span, Annami Norwie en haar span, die skenkers, die vervoerders en verspreiders en alle ander betrokkenes,” het Groesbeek gesê.

“Hierdie tipe aksie getuig van welwillendheid en verg groot insette.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button