Local newsNews

Wyk 8 nog in DA se hande

Yvonne van Coller is gekies as Wyk 8 se nuwe raadslid.

Yvonne Combrinck (van Coller) is Wyk 8 se nuwe raadslid na die tussenverkiesing wat gister (Woensdag) plaasgevind het.

Die verkiesing het plaasgevind na die bedanking van raadslid Mirna Mulder.
Die stemlokale was by Laerskool AG Visser en Shalimar Ridge Primary School en 32% van die kiesers het hul kruisies getrek.

Die kandidate was: Jabulane Shabalala (ANC), Joanadene Coetzee (VF+), Phumlani Mazibuko (EFF) en Yvonne Combrink (DA).

Van Coller van die DA het altesaam 52.45% van die stemme ontvang, VF+ was volgende met 25.45% gevolg deur die ANC met 15.85% en die EFF met 6.25%.

Related Articles

Back to top button