Local newsNewsBreaking News

Bejaarde van verdrinking in Blesbokspruit gered

NIGEL - ‘n Bejaarde man is van verdrinking gered, nadat hy op 8 Maart in die Blesbokspruit beland het.

 

Die voorval het kort voor 18:00 plaasgevind.

Die blitsige reaksie deur lede van Nigel GPF asook Sektor 6 – Landelike Beveiliging het die man wat intussen in die rivier beland het, se lewe gered.

Des Pienaar en Joseph Nhar het in die water ingespring en die bejaarde wat ‘n kopwond opgedoen het, na veiligheid gebring het.

Nigel Nooddienste is ook intussen na die toneel ontbied, waar reddingswerkers die man gestabiliseer het. Hy is per ambulans na Heidelberg Hospitaal geneem.

 

 

 

Joseph Nhar en Des Pienaar is die twee helde wat in die Blesbokspruit gespring het om ‘n bejaarde man van verdrinking te red.
Joseph Nhar en Des Pienaar is die twee helde wat in die Blesbokspruit gespring het om ‘n bejaarde man van verdrinking te red.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button