Local news

Volkskool se nuwe klubhuis ingewy

Die nuwe klubhuis bied 'n goeie uitsig oor die skool se sportvelde.

Die Hoër Volkskool het op 25 April die skool se nuwe klubhuis ingewy.

Die klubhuis is spesiaal geleë sodat toeskouers die meeste van Volkskool se sport geleenthede vanuit die gebou sal kan aanskou.

Die nuwe aanwins tot die skool het oor die laaste paar maande van 2022 en die eerste termyn van 2023 tot stand gekom.

Die Hoër Volkskool se nuwe klubhuis .

Twee oud-Volkies wat ook tydens die opening bygewoon het, is Oom Muggie (Michael van der Westhuizen Volkskool 1963 – 1965) en Oom Rassie (Rassie Botha Volkskool 1967 – 1971).

“Die klubhuis was ‘n groot projek wat ons as beheerliggaam aangepak het,” het Francois van Tonder, voorsitter van die skool se beheerliggaam, gesê.

“Vir ons was die belangrikste faktor die uitsig oor die sportvelde. Befondsing was nie altyd die maklikste nie, maar ons het deurgedruk.

Volkskool se skoolhoof Sias Botha tydens die geleentheid.

“Ons het wonderlike borge gehad was gehelp dat die droom verwesenlik kon word.”

Volkskool se skoolhoof, Sias Botha, het uitgebrei oor die besluit om ‘n nuwe klubhuis te bou.

“Die klubhuis is ‘n droom wat 108 jaar gelede begin met die ontstaan van Volkskool, en nou bewaarheid is.

Francois van Tonder, voorsitter van die beheerliggaam van die skool.

“Ons wil skole en onderwysers en hoofde wat ons besoek onthaal en seker maak dat hulle rustig is voor hulle weer terug vertrek na hulle onderskeie skole.

“Hierdie klubhuis is waar ons as Volkie ondersteuners die toekoms inlei en ons sien uit na die sportbyeenkomste wat ons in toe toekoms by Volkskool aanbied sal word,” het Botha mee afgesluit.

“Een keer ‘n Volkie, altyd ‘n Volkie. Ons as oud-Volkies het die grootste agting vir wat alles by Volkskool gebeur en vir die waardes wat nog steeds uitgeleef word by die skool,” het Michael van der Westhuizen (Oom Muggie) bygevoeg.

Beheerligaam voorsitter Francois van Tonder en skoolhoof Sias Botha klink ‘n glasie op die nuwe klubhuis.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button