Local news

Skenk ‘n bietjie warmte

Hawelose mense kry swaar gedurende die winter.

Rata Maatskaplike Dienste is deurentyd besig om opheffingswerk in die dorp te doen.

Gedurende die winter word die nood groter vanweë die feit dat honderde mense snags op straat slaap en ’n stryd voer om in die koue te oorleef.

Soos in die verlede gaan die organisasie weer vanjaar ‘n projek aanpak om die nood gedurende die wintermaande te verlig

Die Word Warm-projek is reeds aan die gang en die publiek word versoek om te help.

“Donasies van breinaalde, wol, jasse, baadjies en komberse sal ons in staat stel om hawelose en behoeftige mense te help,” het ‘n woordvoerder van Rata gesê.

Kontant donasies sal ook verwelkom wees en die kantoor kan gekontak word by 011 740 9310 om die bank besonderhede te verkry.

Persone wat items wil skenk kan dit na Rata se kantore, wat te Parkstraat 38 geleë is, neem.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button