Local news

Sorgsentrum ontvang boublokkies

Helpende Hand laat Masincedane lede baie spesiaal voel.

Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak het op 20 April besoek gebring aan Masincedane.

Masincedane is ‘n nie-winsgewende werk- en sorgsentrum vir erg verstandelik- en fisiese gestremde volwassenes tussen die ouderdom van 19 en 55 jaar.

Die doel van die besoek was om boublokkies te oorhandig sodat die lede, wat hulself daagliks by Masincedane besig hou, onder meer hulle motoriese bewegings kan opskerp.

Helpende Hand se gelukbringers, Asjas Apie en Boekies Beer.

“Helpende Hand wil graag ‘n bydrae maak tot die enorme werk wat Christine Kruger, die bestuurder en stigterslid en haar span hier verrig. Ons hoop die skenking sal help,” het Helpende Hand Heidelberg-tak voorsitter, Patricia Meyer gesê.

“Ons is daar vir die gemeenskap en wil, waar ons kan, die nood verlig.

“Ons voel altyd daar word nie genoeg gedoen vir organisasies waar spesiale sorg aan individue gegee word nie.”

Helpende Hand se Patricia Meyer help Christopher Laubscher.

Die Helpende Hand gelukbringers Boekies Beer en Asjas Apie was ook byderhand om lede van die klub te vermaak.

“Masincedane Klub se doel gedurende die dagsorg van die lede is om hul lewenskwaliteit te verbeter, te verseker dat die lede konstruktiewe en betekenisvolle aktiwiteite beoefen, vaardighede aan te leer, om aktief in die gemeenskap te funksioneer en wil ‘n omgewing skep waar elkeen tuis en geliefd is,” het Kruger gesê.

Helpende hand en Masincedane inwoners bou legkaarte en bou blokkies.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button