Local newsSchools

Kleuters ontvang oulike boeke

Helpende Hand en Edu-Built inspireer die kinders om weer te lees.

Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak het op 14 April CDs en boeke aan voorskoolse kinders in Heidelberg uitgedeel.

Die boekies is deel van die Lees Weer-program wat van stapel gestuur was.

Helpende Hand onder leiding van die Heidelberg-tak se voorsitter, Patricia Meyer het verskeie Graad R en kleuterskole in Rensburg, Heidelberg besoek.

Helpende Hand, Heidelberg-tak se voorsitter, Patricia Meyer tydens die oorhandiging van boekies en CDs.

Solidariteit word deur Edu-Built Heidelberg gesteun in die projek. Edu-Built is verspreiders vir Book Dash.

Book Dash is ‘n nie-winsgewende organisasie, wat hulself beywer om prentjieboeke gratis aan kleuters te verskaf.
Dit dien ook as ‘n kollege wat studente oplei in die grondslag fase.

Die mikpunt is om die jeug weer te laat lees en sodoende weer ‘n leeskultuur te begin.

Vissie Pre-Primêr se kleintjies was opgewonde oor hulle boekies.

“Helpende Hand Heidelberg het besluit om hande te vat met Edu-Built en hierdie boekies by ons kleiner kinders uit te deel,” sê Meyer.

“Hopelik sal die kinders weer begin lees soos die tyd aanstap.”

Daar was ook CDs, wat aan Helpende Hand geskenk was, aan die baba- en peutergroepe uitgedeel.

Die skole wat hulle besoek het sluit in Laerskool AG Visser se Graad R, Vissie Pre-Primêr , Pinkie Ponkie Kleuterskool en Kleuterzone in Rensburg.

Graad R leerders met die boeke wat hulle ontvang het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button