‘n Passiespel is onlangs by die Suikerbosoord opgevoer.
Dié geleentheid is ‘n jaarlikse instelling en elke persoon wat deelneem doen dit met oorgawe.
Die bestuurder van die Suikerbosoord, Jannie Kotze het almal verwelkom waarna die Elkana Koor onder leiding van Elsa van Niekerk-Massein opgetree het.
Dans-items deur Leoné Kruger asook Charmaine Crouse en sang deur Anthony Hattingh het tot ‘n perfekte geleentheid bygedra.
Die tema van die spele was die kruising en opstanding, met die boodskap dat elkeen ‘n toekoms het om na uit te sien.