Local newsNewsSport

Volkies te sterk vir Frikkie Meyer

Volkskool se eerste rugbyspan het met hul spel beïndruk.

HEIDELBERG – Die Hoër Volkskool se eerste rugbyspan het op 16 Maart teen Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi se eerstes te staan gekom.

Die wedstryd het op ‘n vinnige pas begin en die eerste punte was baie vining, met ‘n drie in die eerste minuut, deur Frikkie Meyer behaal.

Daarna het Volkskool behoorlik in rat gekom en vier drieë in die eerste helfte gedruk. Drie drieë was verdoel gewees.

Frikkie Meyer het ook ‘n strafskop deur die pale geskop. Teen halftyd was die telling Volkskool 26 – Frikkie Meyer 8.

In die tweede helfte het Volkskool ‘n verdere drie drieë gedruk, met twee vervyfskoppe teenoor een drie van Frikkie Meyer.

Die eindtelling was Volkskool 45 – Frikkie Meyer 13.


Related Articles

Back to top button