Local newsSport

Plaaslike tweekamp atlete skitter

Tweekamp atlete kwalifiseer vir SAs.

Sewe plaaslike atlete het onlangs aan die Gauteng Interprovinsiale Tweekampkampioenskap deelgeneem.

Lian Coetzee, Jean-Michael Coetzee, Mischa Jansen, Liane Smook, Jayden Smook, Zandré Smook en Huib Spong het deelgeneem aan die tweekamp wat swem- en hardloop items behels.

Die atlete het teen mede-atlete van Noordwes, Noord-Gauteng, Limpopo, Vrystaan en Mpumalanga meegeding.

Sprong en Smook het gekwalifiseer in die o17 ouderdomsgroep om aan die Suid-Afrikaanse Tweekamp Kampioenskappe deel te neem wat op 31 Maart plaasvind.

Huib Sprong en Zandré Smook het gekwalifiseer om aan die SA Tweekampkampioenskappe deel te neem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button