Local news

Life Suikerbosrand skenk boeke aan Suikerbosoord

'n Spesiale boodskap is ook voor in elke boek geskryf.

Die Life Suikerbosrand Hospitaal bestuurspan het onlangs die senior burgers in die sorgeenheid, Silwer Akker, bederf.

Life Suikerbosrand het boeke aan die oord geskenk en ook tyd gemaak om vir die inwoners uit die boeke voor te lees.

Die bestuur wat hul tyd opgeoffer het is Kubashnee Naidoo, An-Marie Loots, Janene de Beer, Wickus Weber, Kevin Kyungu, Angelique Olwage, Christine Beyers en Nolo Mtasi.

“Ons het opgemerk dat die oord se biblioteek nie baie Engelse boeke gehad het nie en het dus besluit om die boeke aan die oord te skenk,” het Janene de Beer, bemarkingsbestuurder, gesê.

Kunashnee Naidoo, Life Suikerbos hospitaalbestuurder, lees vir ‘n Silwer Akker inwoner.

“Ons het ook in elke boek ‘n spesiale boodskap geskryf sodat elkeen wat dit lees inspirasie daardeur kan vind.
“Dit was ‘n voorreg en eer om tyd met die inwoners van Suikerbosoord te kon deel,” het die hospitaalbestuurder, Kubashnee Naidoo bygevoeg.

Suikerbosoord se maatskaplike werker, Marene Walkden, het die bestuur van Life Suikerbos Hospitaal bedank vir hul besoek en skenking.

Wickus Weber van Life Suikerbosrand lees vir Suikerbosoord se inwoners.

“Ons is uit ons sokkies geseën met dié wonderlike skenking en bederf. Dit is ‘n eer dat julle hier by ons in Suikerbosoord kom kuier het,” het Walkden gesê.

Related Articles

Back to top button