News

Fotograwe kry erkenning vir hul werk

Heigel Fotoklub se lede lewer uitstekende fotograwe op.

Eugene Viljoen
eugenev@caxton.co.za

HEIDELBERG/NIGEL – Die Heigel Fotoklub, wat fotograwe van die Heidelberg en Nigel area insluit, het op 11 Maart ‘n prysuitdeling gehad vir prestasies tydens 2022.
“Ten spyte van al die hindernisse wat ons in 2022 beleef het kan ek met sekerheid bevestig dat die fotograwe van die Heigel Fotoklub se werk elke maand verbeter,” het Francois van Jaarsveld, voorsitter van klub gesê.
“Ons begin stadig maar seker weer nuwe lede kry en dit is positief om te sien dat die klub weer groei.”
Die wenners vir 2022 was as volg:
• Beste argitektuur foto wenners: Heinrich van der Merwe met Containers en Eugene Viljoen met Moody Church.
• Beste swart-en-wit foto wenners: Ineke Kleingeld met In the spotlight, Nicolaas Smith met MSC Simfonia en Carin du Preez met Stad met Rivier.
• Beste natuurfoto wenners: Piet Bezuidenhout met Out of the Blue, Dawie de Villiers met Gariepglasogie asook Gemsbok met kalfie.
• Ope afdeling wenner: Carin du Preez met Pragtige Irisse.
• Portret wenners: Ineke Kleingeld met Forest Princess, Phantom of the Opera en All grown Up.
• Landskap wenners: Nicolaas Smith met Weerlig en Carin du Preez met Stad in Slovinia.
• Sport en fotojoernalistiek wenner: Piet Bezuidenhout met Another one bites the dust.
• Voorgeskrewe wenners: Carin du Preez met Weerkaatsing en Ineke Kleingeld met Pomegranite.
Eugene Viljoen met Musical Dreams was die fotograaf met die beste vooruitgang gedurende 2022.
Ineke Kleingeld was met Red Wine and Grapes as die fotograaf van die jaar 2022 aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button