Local newsSport

Nigel stoomrol oor Bethal

Nigel laat die bal die praatwerk doen.

Nigel Rugbyklub het op 4 Maart gedurende hulle rugbydag in die finaal teen Bethal te staan gekom.

Nigel het met 47-5 gewen.

Voor die wedstryd was ’n stilte ter ere van hul oorlede afrigter, Hansie van Wyk, gehou.

Die wedstryd sal onthou word as aanvallend waar Nigel met elke kans wat gegun was met die bal gehardloop het.
Nigel het dodelik verdedig en Bethal het geweet hulle was in ’n wedstryd waar hulle harde duikslae moes verduur.

Die eerste drie was na agt minute gedruk. Daarna het Nigel nog ‘n verdere vier drieë gedruk. Vier van die drieë was verdoel.

Die halftyd telling was Nigel 33-Bethal 0.

Junaid Seedat op die aanval.

In die tweede helfde het Nigel nog ‘n verdere twee drieë gedruk waarvan altwee verdoel was. Bethal het geantwoord met ‘n enkele drie. Die doelskop was mis geskop.

Nigel se puntemakers was soos volg:

Drieë: Thinus Fourie (1), Dean Ambros (1), Jarico van Niekerk (3) en Junaide Seedat (2). Vervyfskoppe Junaid Seedat (6).

Daar was altesaam 19 skrums en 15 lynstane in die wedstryd gewees. Bethal het 10 en Nigel het nege strafskoppe afgestaan.

Marcelle Viljoen neem die bal in.

Die uitslae van die ander wedstryde gesleep tydens die die rugbydag:

• Suikerbosrand Jeugklub (o11s) verloor 10-5 teen die o12’s.

• Boksburg (o21) verloor 27-17 teen Nigel Oldies 27 (hierdie wedstryd was opgedra aan van Wyk).

• Benoni (eerstes) verloor 28-14 teen Harlequins (derdes).

• Boksburg (tweede span) wen 51-5 teen Sasolburg (eerstes).

• Nigel (tweedes) wen 40-19 teen Heidelberg.

• Boksburg (eerste) wen 26-10 teen Meyerton (eerste).

Nigel Rugby Klub bedank almal vir hulle getroue ondersteuning. Volgende wedstryde is op 11 Maart tydens die Sasolburg Rugbydag en op 18 Maart tydens die Heidelberg Rugbydag. Die liga begin 25 Maart.

Die Nigel Rugbyspan word op die veld gelei.

Related Articles

Back to top button