Local news

Bekende Heidelberger oorlede

Dawid is jare gelede naby die Kliprivier-afrit gewond is.

‘n Inwoner van Heidelberg Dawid Fourie (57) is op 23 Februarie oorlede.

Dawid was ‘n paar jaar gelede in die nuus toe hy as verkeersbeampte van die Provinsiale Verkeersafdeling naby die Kliprivier-afrit in ‘n skietvorval gewond is.

Hy is in die Milpark Hospitaal opgeneem, waar hy volgens inligting vir 68 dae verpleeg is.

Na sy ontslag en herstel het hy teruggekeer na sy pos by die provinsiale verkeersafdeling.

Hy het later saam met sy seun, Pieter begin werk.

Pieter het ‘n paar jaar gelede sy lewe in ‘n motorongeluk verloor.

Dawid het vir 25 jaar in Heidelberg gewoon. Hy het die afgelope tyd by sy ma in Walker Straat, Rensburg gewoon.
Voor Dawid se afsterwe was hy vir vier weke in intensiewe sorgeenheid van die Life Suikerbosrand Hospitaal gewees.

Sy suster, Salita Steyn Fourie het aan die HERAUT gesê daar was baie nagevolge van die skietery en dat hy onder andere net een nier gehad het.

Dawid laat na sy ma Salita, susters Salita Steyn Fourie en Rita Greyling, broers Barend Fourie, Gert Fourie asook sy dogter Chané van Wyngaardt.

Related Articles

Back to top button