CrimeLocal newsNews

Huisrowers hou inwoners vir drie ure lank aan

Een van die verdagtes is vasgetrek en die soektog na die ander een duur voort.

Drie inwoners van Heidelberg het gister (21 Februarie) ‘n traumatiese ervaring beleef toe hulle die teiken van twee gewapende huisrowers was.

Die drie inwoners van JG Strydom Straat, een man en twee vrouens, was ongeveer 15:30 in hulle woning oorval en vasgebind waarna hulle vir drie ure aangehou is terwyl die gewapende rowers hulle tyd geneem het om die huis te beroof.

Die booswigte het die kluis oop gemaak en ses wapens gevat, tesame met bank kaarte, pin nommers, selfone, skoot rekenaars, televisiestelle, juweliersware en nog huishoudelike items.

Daarna het die rowers ongeveer 18:45 met die slagoffers se Toyota Hilux gevlug.

Die getraumatiseerde inwoners, wat nie beserings opgedoen het nie, kon daarin slaag om hulself te bevry en Fidelity ADT gekontak.
Heidelberg SAPS is na die toneel ontbied.

Die gesteelde voertuig was met ‘n opsporingstoestel toegerus is later in die Midvaal area opgespoor.
Een verdagte is gearresteer.

Tesame met die voertuig is verskeie ander items wat gesteel was ook terug gevind.
Die tweede verdagte is nog op vrye voet en die ondersoek duur voort.

Related Articles

Back to top button