Local news

Fotograwe se werk beïndruk

Plaaslike fotograwe vertoon hul prag fotos.

Heidelberg/Nigel – Die Heigel Fotoklub het op 8 Februarie hul maandvergadering gehou, waartydens nuwe lede ook verwelkom is.

Die fotoklub, wat fotograwe van die Heidelberg en Nigel omgewing insluit, kom elke tweede Woensdag van die maand bymekaar.

Tydens die vergadering word die foto’s, wat vir die maand ingeskryf word, bespreek en die top foto’s in verskillende kategorieë word deur ‘n paneel beoordelaars aangewys.

Nuttige wenke en advies word ook uitgeruil.

Die beoordelaars was beïndruk met foto’s van hoogstaande gehalte wat vir die maand van Februarie ingeskryf is.

Die maand se voorgeskrewe tema was beweging en die wenner was soos volg:

• Die wenfoto getiteld Graan Vervoer is deur fotograaf Nicolaas Smith geneem.

• Die wenfoto vir die maand, Lekker Memories, is deur fotograaf Ineke Kleingeld geneem en die beste junior foto getiteld, Yummie, is deur fotograaf Andrew Watts geneem.

Die voorgeskrewe tema vir Maart is sport.

Persone wat by die klub wil aansluit of meer daarvan te wete wil kom kan vir Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 skakel.

Nicolaas Smith se foto getiteld Graan Vervoer was die voorgeskrewe tema wenner.
Die junior wenner is Andrew Watts met ‘n foto getiteld Yummie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button