Vier matrikulante van die Hoër Volkskool, wat Vrydag hul matriekuitslae ontvang het, spog elk met sewe onderskeidings.
Altesaam 123 matrieks het in 2022 hul matriek eindeksamens afgelê.
Die skool het ‘n slaagsyfer van 99.2% behaal.
Die skool se uitblinkers wat elk sewe onderskeidings agter hul naam kan skryf is Mia Bezuidenhout, Alisna Cloete, Marli du Plessis en Karli Kotze.
Mohamed Gani het vyf onderskeidings losgeskryf en Miné Fourie, Ané Rossouw en Marli Schoeman het elkeen vier onderskeidings behaal.
Vier leerders van die skool het drie onderskeidings behaal, 10 leerders het twee onderskeidings en 12 leerders het elk een onderskeiding behaal.
“Ek is baie trots op ons leerders se prestasies. Hulle harde werk deur die jaar het verseker dat die vrugte nou gepluk word. Ons sien uit om die leerlinge se vooruitgang in die toekoms dop te hou,” het Sias Botha, Volkskool se skoolhoof, gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.