Local news

Rensburg biblioteek word opgeknap

Die biblioteek kry 'n nuwe baadjie.

Die biblioteek in Rensburg is na maande se gesmeek op 19 Januarie ordentlik skoongemaak en opgeknap.

Die Departement van Sosiale Dienste van Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LPM) is tans besig om die biblioteek weer gemeenskaspsvriendelik te maak.

Mirna Mulder, raadslid vir Wyk 8 het maande gelede reeds by die munisipaliteit aangeklop in ‘n poging om die biblioteek toeganklik vir die publiek te maak.

Die ingang na die Rensburg Biblioteek word opgeknap.

“Na maande se gesoebat kry Rensburg Biblioteek ten minste nou aandag,” het Mulder gesê.

“Ons hoop dit sal mense aanmoedig om weer die biblioteek te besoek en dat almal weer ‘n liefde vir lees weer sal ontwikkel.”

Related Articles

Back to top button