Local news

Rensburg VLU geniet eerste vergadering

Die tak se eerste vergadering van 2023 was gesellig.

Rensburg VLU se eerste vergadering van 2023 het met ‘n propvol agenda afgeskop.

Die takvoorsitter, Marty Jerling het almal terugverwelkom.

“Dit maak my hart bly om elkeen van julle vandag hier te sien,” het sy gesê.

Gedurende die vergadering het Jerling ook haar voorsitter verslag vir die jaar gelees.

“Na ‘n moeilike 2020 en 2021, was dit ‘n riem onder die hart om weer verlede jaar lekker bedrywig te kon wees,” het Jerling gesê.

Die tak se ledetal het gedurende die jaar van 18 lede na 26 gegroei.

Elize van Biljon (streektesourier) en Petra Basson beoordeel die taklede se kompetisie artikels.

Tydens die vergadering was die tak se nuwe bestuur ook verkies. Die tak se streekvoorsitter, Elize Coetzee en streek visevoorsitter, Brenda van Zyl het die verkiesing waargeneem.

Die tak se nuwe bestuur is Marty Jerling (voorsitter), Heilie van den Berg (visevoorsitter), Louis Verdonck (sekretaresse), Elmarie Eygelaar (tesourier) en Geraldene Janck (skakelbeampte).

Die tak se nuwe bykomende lede is Marina Bantjes, Roenel Nel, Laetitia Erasmus en Petra Basson.

Elize van Biljon (streektesourier) het die vroue se kompetisie artikels tydens die vergadering beoordeel.

Die tak se 50ste verjaarsdagvieringe sal op 7 Februarie by die NG kerk Rensburg gehou word.

Die tak sal ook die jaar die Goue Suide streek streekkonferensie in Maart aanbied.

Vir meer inligting oor die tak of die verjaarsdag, kontak Jerling by 082 465 9343.

Related Articles

Back to top button