Local newsNews

Gemeenskap sluit skool vir veiligheid

Die gemeenskap het die skool afgesper en teen die heropening daarvan gestaak.

Die gemeenskap van Alrapark het op 11 Januarie ‘n standpunt ingeneem om Alrapark Primary se heropening vir die jaar te stuit.

Die gemeenskap het die skool toegespan en die kinders wat opgedaag het vir hul eerste skooldag huis toe gestuur.

Die gemeenskap meen die skool is onveilig vir gebruik.

“Ons as gemeenskap staan saam teen die heropening van die skool aangesien dit ‘n veiligheidsrisiko is vir beide die kinders en die personeel,” het Ronnie Smit, ‘n lid van die skool se beheerliggaam gesê.

“Die geboue word nie onderhou soos dit moet nie en as gevolg daarvan begin dit inmekaar val.”

Volgens Smit het een van die klaskamers op die skoolgronde se plafon verlede jaar ingeval, maar was daar gelukkig tydens die voorval geen kinders of personeel in die klaskamer nie.

Smit en ander gemeenskapslede het van die klaskamers vir Graad Een tot Drie op die gronde afgesper.

Ronnie Smit en Goodman Zwane voor die Graad Een tot Graad Drie gebou blok wat afgesper is.

“Ons is regtig bekommerd oor ons kinders se veiligheid,” sê Smit.
“Ons smeek die departement al vir die afgelope paar jaar om in te gryp maar ons pleidooie val op dowe ore.”

Tydens die gemeenskap se staking teen die heropening van die skool het gemeenskapslid Goodman Zwane hul doelwitte en eise bekendgemaak.

“Ons wil hê die LUR van die Departement van Onderwys moet hierheen kom en kom kyk wat hier aangaan,” sê Zwane.
“Hulle moet die skool, wat deur ons, ons ouers en grootouers gebruik is, herbou.”

Die skool is oorspronklik in 1899 gebou en het in 1937 geopen.
Sowat 1 200 kinders gaan hier skool.

“Ons weet die kinders moet skoolgaan en onderrig ontvang,” sê Smit.
“Maar hulle moet veilig wees.

“Die personeel ook, want op die ou einde van die dag plaas ons die kinders in hul hande.”

Die Gautengse LUR van Onderwys, Matome Chiloane was gemaan om op die dag by die skool te draai. Chiloane het beloof om more (13 Januarie) by die skool aan te doen.

Die gemeenskap het vandag (12 Januarie) ook voor die skool bymekaar gekom en die skool toe gehou.
Die betogings was vreedsaam.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button